Contact us

Name

Email *

Message *

Friday, October 13, 2017

# REGTE GRONDMENGSEL VIR BONSAI


'n Baie belangrike komponent van 'n bonsai boom is juis die grond.

Ons wys vir julle hier twee verskillende bonsai bome.  Een is 'n boom van een van ons kliënte.  Hy het dit by iemand gekoop, maar die grondmengsel is heeltemal verkeerd.  Die bonsai boom hou dan te veel water in en die wortels vrot, wat lei tot die dood van die bonsai boom.







Die volgende video is van een van ons bonsai bome wat wys hoe vinnig die water dreineer.



Maak seker die bonsai grondmengsel is reg vir die boom.  As jou bonsai boom byvoorbeeld net grond inhet, sal die water baie stadig uitloop en sal die boom se wortels vrot.  Daar moet baie kompos in die bonsai grondmengsel wees sodat die water vinnig kan dreineer.  Kom kyk gerus na ons bonsai grondmengsel (bonsai soil)  by ons winkel in Buffeldoornweg 13, Wilkoppies, Klerksdorp en nou ook by Silver Stream op die hoek van Byron en Marlowstraat, Orkney.

OPDATERING VAN DATA:

Ons het vanaand 'n foto van ons kliënt se boompie gekry en was uit die veld geslaan oor die verskil.

Hier is hoe die boompie gelyk het met die verkeerde grondmengsel:







En hier is dieselfde boompie net bietjie meer as 'n maand later met die regte bonsai grondmensel in!





Watter pragtige sukses verhaal!  



No comments:

Post a Comment